Lees ook: Nog sneeu vir Suid-Afrika voorspel
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n vlak 2-waarskuwing vir vandag teen ontwrigtende sneeu en reën in KwaZulu-Natal uitgereik.
Koue temperature, sneeu en reën word voorspel vir vandag en môre met waarskuwings vir ys op paaie en die verlies van diere en gewasse.
Daar is ook sneeu voorspel in verskeie ander provinsies, insluitend die Wes-Kaap. Die koue front sal ook die res van die week op verskeie provinsies ‘n impak hê.
Bronne: IOL, ECR, The Citizen
Lees ook: Nog sneeu vir Suid-Afrika voorspel



