Man (22) kry 18 jaar tronkstraf vir verkragting van vrou (66)

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding

Thapelo Hlongwane (22) is gister in die Lebowakgomo-streekshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n vrou (66) op Magatle in Desember 2022.

Die man het by die slagoffer se huis ingebreek en haar aan die slaap gekry. Hy het haar verkrag en self aan die slaap geraak. Die vrou het na die bure gehardloop vir hulp en die polisie is ontbied. Hulle het die verkragter in hegtenis geneem waar hy steeds lê en slaap het.

’n Saak van verkragting is oopgemaak en sers. Letseja Frans Langa het seker gemaak Hlongwane bly in die tronk sonder om borg te ontvang.

Bronne: SAPS

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding