Bankier wat glo weier om R150 000 terug te gee in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding

’n Bankier is gister op aanklagtes van diefstal in hegtenis geneem.

Aaliya Govender (28) is in hegtenis geneem na ’n kollega na bewering per ongeluk R150 000 in Aaliya se bankrekening betaal het. Die kollega het glo verskeie kere probeer om die geld terug te kry, maar Aaliya het geweier en het die geld na haar spaarrekening oorgeplaas.

Die kollega het toe ’n klag aangemeld by die Ngangelizwe-gemeenskapdienssentrum wat later na die Valke gestuur is.

Govender is deur die Mthatha- gespesialiseerde hof vir kommersiële misdrywe op borg van R5 000 vrygelaat op dieselfde dag as haar inhegtenisneming. Die saak sal op 21 Augustus weer in die hof voorkom.

Bronne: SAPS

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding