Man doodgeskiet na hy verdagte jaag wat kar ‘krap’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding

‘n Man (37) is Dinsdagmiddag in Montclair Durban dood na ‘n klaarblyklike voorval van padwoede.

Volgens die polisiewoordvoerder het die man gery toe ‘n ander voertuig met ‘n onbekende registrasienommer sy kar “liggies gekrap het”.

Die man het agter die voertuig aangery en toe die ander bestuurder moes stilhou vir die verkeer, het hy uitgespring en die insittendes begin jaag toe hulle te voet vlug. Die man is geskiet en deur sy passasier aangetref waar hy op die grond lê.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Bronne: IOL, Briefly, BeLoud, VN Explorer

Lees ook: Verdagte sterf in polisieaanhouding