Die TV-aanbieder Derek Watts het aangekondig dat hy na 35 jaar nie na die program Carte Blanche sal terugkeer nie.
Watts is verlede jaar met velkanker gediagnoseer wat intussen na sy longe versprei het.
Die laaste nuus oor Watts se gesondheid is in Junie vanjaar deur ‘n voorafopgeneemde videoboodskap gedeel.
Watts was aanvanklik hy vol vertroue dat hy na die program sou terugkeer.



