Lees ook: ‘SAPD het nie internasionale lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming nie’
Die presidensie het gister aangekondig dat die Russiese president Wladimir Poetin nie die Brics-beraad sal bywoon nie.
Poetin het ingestem om nie die beraad by te woon nie en sal sy minister van buitelandse sake Sergey Lavrov in sy plek stuur om Rusland te verteenwoordig.
Die aankondiging volg na weke se wik en weeg oor of Poetin die beraad sou bywoon. Die DA het gesê hulle gaan steeds voort met die hofsaak om Suid-Afrika te dwing om Poetin in hegtenis te neem sou hy hierheen kom.
Bronne: Daily Maverick, News24, The Express Tribune
Lees ook: ‘SAPD het nie internasionale lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming nie’



