Lees ook: Deel van die N1 in Bloemfontein gesluit
Die polisiekommissaris Fannie Masemola het gesê die Suid-Afrikaanse polisiediens het nie ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming vir die Russiese president Wladimir Poetin nie. Hy het bygevoeg die saak is buite die polisie se spektrum van verantwoordelikhede.
Masemola se stelling is deel van ‘n geskrewe antwoord na die EFF ‘n parlementêre vraag aan die polisieminister Bheki Cele gestel het.
Die regering is onder druk om Poetin in hegtenis te neem as hy in Augustus die Brics-beraad in Suid-Afrika sou bywoon .
Bronne: EWN, VN Explorer, Head Topics, APA News
Lees ook: Deel van die N1 in Bloemfontein gesluit



