‘n Man, vermoedelik in sy 40’s, is Woensdagmiddag omstreeks 16:00 met ‘n skietwond in sy kop in Waltonstraat in Umbilo, KwaZulu-Natal, gevind.
ALS Paramedics sê die man het in ‘n kritieke toestand in die straat gelê. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere dringende mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal in Durban geneem is.
Die polisie was besig met ondersoek op die toneel om vas te stel wat tot die voorval gelei het. Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



