Johannesburg-ontploffing – een dood, 41 beseer – strate gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood en 41 beseer in ‘n ontploffing gisteraand in Lilian Ngoyistraat, ook bekend as Breestraat, in Johannesburg. Die 41 beseerdes, waarvan twee kritiek, is in hospitale opgeneem.

FiND iT is oorval met foto’s en video’s van die gebeurtenis.

Breestraat en omliggende strate is gesluit, aangesien die straatoppervlak tans onbegaanbaar is.

Nooddienste is sedert die ontploffing op die toneel.

Dit is nog nie seker wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar die ondersoek en inspeksies op infrastruktuur duur voort.

Bron: eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel