‘n Motorvoertuig het Donderdagoggend 20 Julie 2023 net voor 06:00 op die N2 Suid naby Westwood Mall in KZN in die agterkant van ‘n vragmotor vasgery.
ALS Paramedics sê die voorval het op die hoofweg plaasgevind.
‘n Man, vermoedelik in sy 50’s, is noodlottig beseer en op die toneel dood verklaar.
‘n Vroulike passasier, ook vermoedelik in haar 50’s, is kritiek beseer en op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat sy na ‘n nabygeleë Durbanse hospitaal gehaas is.
‘n Derde persoon is vir matige beserings op die toneel gestabiliseer en ook na ‘n hospitaal geneem.
Verkeer in die area is geaffekteer. Motoriste moet die area liefs vermy.
Die polisie is op die toneel om vas te stel wat tot die ongeluk gelei het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



