Lees ook: Polisie ondersoek verkragting op Kakamas
Vier verdagtes sal vandag in die Fochville-landdroshof verskyn vir poging tot gewapende roof en poging tot moord.
Dit volg na die verdagtes Maandag by die Driefontein-myn in die Wes-Rand in hegtenis geneem is.
Volgens die polisieverslag het ’n onbekende aantal verdagtes op sy voertuig begin skiet toe die slagoffer by die Driefontein-myn se Assay-laboratorium aankom. Hy het gevlug deur na die skaggebied te ry.
Verdagtes was besig om die hek af te breek om by die gebou in te kom terwyl ander op die sekuriteitswagte geskiet het. Die verdagtes het gevlug toe hulle besef hulle word deur sekuriteitswagte omring. Vier verdagtes, een van hulle ’n polisiebeampte, is in hegtenis geneem. Ploftoestelle, ammunisie en twee 9 mm-pistole is op die toneel gevind.
Nog twee verdagtes is gisteraand in hegtenis geneem en sal môre in die Fochville-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Polisie ondersoek verkragting op Kakamas



