Lees ook: Gerhard Ackerman vonnisoplegging uitgestel
Die SABC is aangesê om die hoof van menslike hulpbronne, Mojaki Mosia, en Manno Bopape, menslikehulpbronnespesialis, te skors na bewerings van seksuele misdrywe.
Mosia se skorsing is deur die CWU- en Bemawu-unies geëis na bewerings van seksuele teistering van werknemers in Maart 2022 aan die lig gekom het. Die unies het ook gesê Bopape moet geskors word omdat hy slagoffers glo gedreig en geïntimideer het.
Volgens die CWU is aantyging van seksuele teistering teen Mosia aangemeld by die groephoof, wat ‘n vergadering met die slagoffers gereël het om die saak te ondersoek. Bopape het glo die slagoffers gedreig en geïntimideer omdat hy bang was sy naam word genoem.
Bronne: IOL, VN Explorer, Sunday World



