Seun (7) verdrink in dam, broer probeer hom red

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nog sneeu vir Suid-Afrika voorspel

‘n Seun (7) het Maandagmiddag in ‘n dam op ‘n konstruksielterrein op Delft naby Kaapstad verdrink.

Israel Adams het saam met sy broer en vriende by ‘n dam op ‘n konstruksieterrein gespeel toe hy verdrink het.

Volgens die broers se stiefpa het die kinders gesê hulle gaan na hulle pa in Wesbank om hulle skryfbehoeftes vir die skool te gaan haal. Die middag het Isaac (12) teruggekom en vir hulle gesê Israel is besig om in die dam te verdrink. Hulle was glo in Wesbank, maar het teruggegaan en besluit om by die konstruksieterrein te gaan speel.

Die kinders het glo ‘n ou branderplank gebruik om op die dam te dryf. Die branderplank het waarskynlik met Israel omgedop en dis hoe hy verdrink het. Isaac het hom probeer red, maar daar was baie modder en hy kon nie sy broer bereik nie. Hy het besef hy gaan ook verdrink en het gehardloop om hulp te gaan soek.

Israel was vir omtrent vier uur in die water voor sy liggaam die aand om 20:00 gekry is.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: IOL, Daily Voice, Press Reader

Lees ook: Nog sneeu vir Suid-Afrika voorspel