Polisie ondersoek moord en kaping

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beweerde huurmoordenaar dood in skietery met polisie

Die polisie op Vosman ondersoek ’n moord en kaping wat Maandagaand plaasgevind het.

Die polisie het Maandag inligting oor ’n kaping ontvang. Toe hulle op die toneel aankom, het gemeenskapslede hulle meegedeel die bestuurder is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling na hy glo geskiet is.

Die slagoffer, Walter Masemola (43), is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Sy moord en die kaping van sy voertuig word deur die polisie ondersoek, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word gevra om die Vosman-polisiestasie by 079 891 4822 te skakel.

Bronne: SAPS

Lees ook: Beweerde huurmoordenaar dood in skietery met polisie