Zandile Mafe nie geskik vir verhoor nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Ek het parlement aan die brand gesteek’ sê Zandile Mafe

Zandile Mafe, die man wat daarvan beskuldig word dat hy die parlement aan die brand gesteek het, is nie verstandelik of geestelik gesond genoeg om verhoor te word nie.

Die regter van die Wes-Kaapse hooggeregshof, Nathan Erasmus, het gister die bevindinge van Mafe se psigiatriese evaluasie vrygestel, maar nie die diagnosis nie.

Mafe het gister ’n uitbarsting in die hof gehad waarin hy erken het hy het die parlement aan die brand gesteek, wit mense as moordenaars bestempel het en gevra het vir 25 jaar tronkstraf, waarna hy president sal wees.

Die saak is uitgestel tot 10 Augustus na Mafe se regspan gesê het hulle wil hê ’n forensiese sielkundige moet Mafe assesseer.

Bronne: eNCA, News365, The Citizen

Lees ook: ‘Ek het parlement aan die brand gesteek’ sê Zandile Mafe