‘Ek het parlement aan die brand gesteek’ sê Zandile Mafe

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Zandile Mafe sal in hospitaaldeel van tronk gehou word

Zandile Mafe, wat aangekla word van die brand by die parlementsgebou, asook van terrorisme, het vandag in die hof geskree: “Ek het parlement aan die brand gesteek!” toe hy by die beskuldigdebank ingaan.

Hy het ook gesê die parlement moet Bloemfontein of Pretoria toe geskuif word anders gaan hy dit weer aan die brand steek. Hy het gesê die DA is “rassiste” en “moordenaars” en moenie in die parlement verteenwoordig word nie. Hy het ook uitgevaar teen witmense en bygevoeg die parlement moet in ‘n toilet verander word.

Hy was in die hof sodat sy tweede sielkundige assessering aan die hof voorgelê kan word. Regter Nathan Erasmus het die hof tydelik verdaag toe Mafe nie wou ophou skree nie.

Die uitslae van die tweede assessering is steeds onbekend.

Bronne: Polity, eNCA, SABC

Lees ook: Zandile Mafe sal in hospitaaldeel van tronk gehou word