Seun (9) sterf in hospitaal na Manenberg voorval

Deel hierdie storie / Share this story

Tiano Anthony (9), ‘n gr. 3-leerling van Laerskool Easter Peak is Sondag buite sy huis in Manenberg, Kaapstad, in die kop geskiet. Hy was besig om te speel.

Laerskool Easter Peak het sy afsterwe soos volg op hul sosiale media gedeel:

“It is with great sadness that we mourn the young life of Tiano Anthony who passed away last night in hospital. Unfortunately he succumbed to injuries as a result of a violent act that occured in Manenberg whilst he was playing outside with friends.

“To the Anthony family, we would like to extend our sincere condolences to all of you during this incredibly difficult time. His teachers and friends will miss him dearly.”

Woman For Change sê hy het op die sypaadjie inmekaargesak waarna hy na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem is.

Hy het op 10 Julie weens die erns van sy beserings gesterf.

Volgens Woman For Change het ‘n man (34) wat op dieselfde erf woon gesê ‘n skoot het per ongeluk afgegaan terwyl hy glo sy wapen skoongemaak het.

Die voorval was volgens wat verneem word nie bendeverwant nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.