‘Fluitjieblaser’ wat voormalige adjunk-hoofregter en premier in Oos-Kaap beskuldig, gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Phadima Fukula (31), wat Raymond Zondo, die voormalige adjunk-hoofregter van justisie, en Oscar Mabuyane, die premier van die Oos-Kaap in onderskeidelik Johannesburg en Oos-Londen van korrupsie beskuldig het, word gesoek.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana sê die Valke is op soek na Fukula vir klagtes van meineed, nadat ondersoek teenstrydige weergawes van die twee sake wat hy geopen het, aan die lig gebring het.

Mabuyane, die premier, het ook ‘n saak van crimen injuria teen Fukula geopen.

Vier sake is deur die Valke ondersoek.

‘n Dagvaardiging is intussen vir Fukula uitgereik om na verwagting op 29 Augustus 2023 in die Oos-Londen-landdroshof te verskyn.

Intussen kon Fukula nie by een van sy bekende adresse opgespoor word nie. Alle pogings om hom op te spoor, was tot dusver sonder sukses en ‘n beroep word gedoen op enigiemand wat weet waar hy hom beving, om met lt.kol. Mtybobile by 071 481 2421 kontak te maak.

Enige inligting sal vertroulik hanteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.