Lees ook: Transgenderatlete mag nie as vroue deelneem by Olimpiese Spele van 2024 nie
Die Olimpiese atleet Caster Semenya het gister gesê die uitspraak van die Europese menseregtehof is “net die begin” van ‘n nuwe hoofstuk in haar regstryd.
Caster Semenya (32) het gesê haar menseregte is geskend deur howe in Switserland na hulle haar appèl teen Wêreldatletiek se reëls dat sy medikasie moet neem om haar testosteroonvlakke te verlaag van die hand gewys het.
Semenya het geweier om die medikasie te neem en is dus verbied om deel te neem aan vroueatletiektoernooie tensy sy die medikasie begin gebruik.
Die Europese hof het in haar guns beslis dat haar menseregte geskend is, maar dis meer simbolies, aangesien Wereldatletiek gesê het hulle hou by hulle regulasies en sy mag nog steeds nie kompeteer nie.
Sy het nie gesê wat haar planne vorentoe is nie.
Bronne: IOL, ECR, Super Sport
Lees ook: Transgenderatlete mag nie as vroue deelneem by Olimpiese Spele van 2024 nie



