Lees ook: Transgender-vrouens deelname aan vroue-atletiek verbied
Wêreldatletiek het transvrouens wat deur puberteit gegaan het as mans verban van deelneem in die vrouekategorie in die 2024- Parys Olimpiese Spele om die “vroulike kategorie te beskerm”.
Die organisasie het in Maart 2022 die maksimum plasma testosteroonvlakke met die helfte verminder vir langafstandatlete en die vlak moet vir twee jaar dieselfde wees voor die atlete toegelaat sal word om deel te neem.
Verskeie LGBTQ-groepe het gesê hierdie besluit is diskriminerend, maar die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het gesê die besluit is geneem om die “vroulike kategorie te beskerm” en om regverdig te wees teenoor vroulike atlete.
Verskeie atlete wat nie meer aan die Olimpiese Spele kan deelneem nie, het gekla dat hulle nie verstaan hoekom die reëls verander is nie en hulle voel of hulle uitgesluit word vir geen goeie rede nie.
Die Paryse Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024.
Bronne: Fox News, Daily Maverick, Reuters
Lees ook: Transgender-vrouens deelname aan vroue-atletiek verbied



