Transgender-vrouens deelname aan vroue-atletiek verbied

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp

Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het Donderdag aangekondig transgender-vrouens sal nie meer toegelaat word om deel te neem aan vroue-atletiek nie, ongeag hulle testosteroonvlakke.

Coe het die aankondiging gemaak na ‘n vergadering met die beheerliggaam. Hulle het besluit om vanaf 31 Maart nie transgender-atlete wat as mans deur puberteit gegaan het toe te laat om deel te naam aan vroue-atletiektoernooie nie.

Coe het gesê Wêreldatletiek het met verskeie belanghebbendes gepraat, insluitend die Internasionale Olimpiese Komitee, en dat meeste van die belanghebbendes van mening is transgender-atlete moenie deelneem aan die vroue-toernooie nie.

Die besluit is geneem omdat daar geen manier is om te bewys dat die transgender-vrouens nie ‘n voorsprong het bo vroue-atlete nie.

Bronne: IOL, ECR. Al Jazeera, The News

Lees ook: Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp