Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker

Die parlement in Uganda het Dinsdag ’n nuwe anti-LGBT-wetsonderwerp onderteken wat kan veroorsaak dat LGBT-persone tronkstraf of ’n doodsvonnis kan kry.

Die wetsonderwerp gaan aan president Yoweri Museveni oorhandig word, wat dit ’n wet kan maak of van die hand kan wys.

As die wetsonderwerp aanvaar word, sluit dit die volgende strawwe in:

  • Lewenslange tronkstraf vir mense skuldig bevind aan “grooming” of die handel in kinders om hulle in homoseksuele aktiwiteite te betrek.
  • Mense of besighede wat fondse verskaf aan LGBT-aktiwiteite of organisasies of wat pro-LGBT-materiaal versprei, kan aangekla word en tronkstraf kry.
  • Media groepe, joernaliste en publiseerders kan aangekla word en tronkstraf kry as hulle enigiets plaas wat LGBT-regte of homoseksuele aktiwiteite bevorder.
  •  Eiendomme wat gebruik word vir homoseksuele aktiwiteite of aktiwiteite vir die bevordering van hulle regte se eienaars kan tronkstraf ontvang.

Die Ugandese regering het gesê die wetsontwerp se doel is om kinders te beskerm.

Bronne: Euronews, Business Live, Briefly, NBC News

Lees ook: Beeldmateriaal wys hoe polisie swart man vasdruk voor hy sterf