‘n Ma en haar seun, Rabela Sara Jones (71) en Godfrey Jason Jones (46), het saam met Thandeka Innocentia Nkosi (42), voormalige Eskom-werknemer, in die hof verskyn op aanklagte van bedrog van R14,7 miljoen.
Kapt. Sekgotodi Dineo Lucy, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagtes is deur die Valke in Middelburg in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery.
Eskom het in 2015 ‘n tender vir die verskaffing en aflewering van pompe adverteer. Engel Frost Invesment het die tender gekry, en na bewering vals dokumente verskaf. ‘n Bedrag van R14 miljoen is aan die maatskappy betaal.
Die maatskappy het glo na die betaling verdwyn en nooit die pompe afgelewer nie. Na ‘n ondersoek deur Eskom om vas te stel waarheen die geld is, is die saak aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek.
Nkosi het glo saam met Jones, wat as direkteur vir Engel Frost Investment opgetree het, en haar twee seuns gewerk.
Die verdagtes het Woensdag in die hof verskyn. Thandeka en Jones is op R100 000 borg elk vrygelaat en Jones op R30 000. Die saak is tot 5 Mei uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



