Lees ook: Man dood in verbyryskietery in Wentworth terwyl hy ma besoek
Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, het die “sinnelose” moord op Luyanda Cele (24), wat by die munisipaliteit gewerk het, veroordeel.
Luyanda Cele is verlede week as vermis aangemeld nadat sy laas op 17 Maart gesien is toe sy 16:00 by die werk geloop het om drankies te gaan kry.
Haar liggaam is Saterdag in South Beach naby die Metro Lodge ontdek. Volgens IOL het Cele se suster gesê hulle is gevra om na die Point-polisiekantoor te gaan na die liggaam van ’n vrou ontdek is. Haar suster het gesê volgens die polisie was Cele se onderste lip en tong uitgesny.
Die polisie het voorts laat blyk ’n motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.
Bronne: IOL, VN Explorer, Briefly, Sowetan LIVE
Lees ook: Zimbabwiese reeksmoordenaar moet 8 keer lewenslank sit



