Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker
Beeldmateriaal is deur aanklaers in Virginia, VSA vrygestel wat wys hoe Irvo Otieno in aanhouding in ‘n psigiatriese hospitaal sterf.
In die beeldmateriaal word Irvo Otieno deur verskeie polisiebeamptes en hospitaalwerkers teen die grond vasgedruk terwyl hy van die tronk na die hospitaal geneem word. Die voorval het op 6 Maart plaasgevind.
Sewe polisiebeamptes en drie hospitaalwerkers word aangekla van moord vir die swart man se dood.
Irvo Otieno is op 3 Maart in hegtenis geneem vir ‘n moontlike inbraak, Hy is na die hospitaal oorgeskuif omdat hulle geglo het hy kan homself of ander mense beseer as gevolg van ‘n verstandelike versteuring.
In die beeldmateriaal hou tien mense in een stadium vir Irvo op die grond platgedruk terwyl hy geboei is. Hy is vir ongeveer elf minute platgedruk en toe hulle hom los, was hy dood.
In die 911-oproep het hulle gesê Irvo was aggressief, maar dat hy nie meer is nie, want hy haal nie meer asem nie.
Aanklaers het gesê hulle oorweeg addisionele aanklagtes oor sy dood.
Bronne: BBC, The Star, The Guardian
Lees ook: Vroulike renosterstroper tot 16 jaar tronkstraf gevonnis



