Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker
‘n Oos-Kaapse paar is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle gevang is terwyl hulle glo besig was om dwelms te vervoer.
Promise Uchechukwu en sy meisie Anihle Sikade is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hulle besig was om dwelms na Butterworth te vervoer.
Daar is vyf pakkies tik tot die waarde van R75 000 in hulle voertuig gevind tydens hulle in hegtenisneming.
Die paar was Maandag in die Komga-landdroshof waar die saak tot 28 Maart uitgestel is vir hulle borgaansoek.
Bronne: IOL, African News Agency, 247 News
Lees ook: EFF dreig met nog betogings as ‘vreedsame betogers’ nie vrygelaat word nie



