Net R1.2 m. om saam met Malema te eet

Deel hierdie storie / Share this story

As jy skouers wil skuur met Malema, hoef jy slegs R1.2 m. op te dok.

Die EFF-party vier hul tiende bestaansjaar en hou in Julie ‘n groot makietie om dit te vier.

As deel van die vieringe word daar op 27 Julie ‘n galageleentheid by Emperors Palace aan die Oos-Rand gehou.

Verskeie pakkette vanaf R25 000 tot R1.2 miljoen is beskikbaar, wat verwelkomingsdrankies en ‘n driegangmaaltyd insluit en ondernemings kan ook hulle besighede adverteer.

Die platinumtafel van R1.2 m. is egter reeds uitverkoop.

Vir die tafel wat R750 000 kos, kan jy saam met Floyd Shivambu, onderleier, Marshall Dlamini, sekretaris-generaal en Veronica Mente, nasionale voorsitter, sit.

Die silwertafel beloop R500 00 en die brons R250 000.

Die tiende bestaansjaar ook op 29 Julie verder by die FNB-stadion in Johannesburg gevier word.