Zandile Mafe sal in hospitaaldeel van tronk gehou word

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Zandile Mafe vir waarneming na Oos-Kaap

Die beweerde parlementbrandstigter Zandile Mafe het vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Regter Nathan Erasmus het beveel Mafe moet in die hospitaaldeel van Pollsmoortronk aangehou word na hy geweier het om die inhoud van die psigiatriese verslag oor Mafe in die hof te lees.

Mafe is in Maart na die Fort England- psigiatriese hospitaal gestuur vir assesering.

Die saak is uitgestel tot 13 Julie wanneer Erasmus na verwagting die uitslae van die verslag bekend sal maak.

Mafe word daarvan beskuldig dat hy die parlementsgebou in Januarie 2022 aan die brand gesteek het.

Bronne: eNCA, Jacaranda FM, News24

Lees ook: Zandile Mafe vir waarneming na Oos-Kaap