Marcelle Maritz, VF Plus- provinsiale leier in Limpopo, het kort gelede ‘n opvolgplasing gemaak aangaande die hoofverdagte in die ondersoek na die plaasmoord op Klipfonteinhoek waartydens die Claassens by die hotel by die Eggo-grotte in Orighstad vermoor is.
Annekke (73) en Hennie Claasens (77) is beide brutaal aangeval en lewendig verbrand, waarna hul lewelose liggame gevind is.
Maritz het die toneel en families besoek en bygestaan.
Sy het kort gelede ‘n plasing op Facebook gemaak waarin sy sê dat sy met Gawie Lourens, oftewel Sakkie, privaat ondersoeker van Bosveld Misdaad Ondersoeke, gepraat het en dat hy aan haar bevestig het dat die hoofverdagte in die saak bekend is. Geen verdere inligting kan weens die sensitiwiteit van die saak gedeel word nie.
Die nadoodse ondersoeke sal ook vandag op die oorledenes uitgevoer word.
Sopas met Gawie Louwrens (Sakkie) van misdaad ondersoeke, kontak gemaak rondom die ondersoek vordering. Hy het bevestig daar is n hoofverdagte en bekend aan hulle,die ondersoek gaan voort en kan daar nie nou baie gedeel word agv die sensitiwiteit rondom die hoof verdagte. Hy het ook bevestig die nadoodse ondersoeke vind plaas vandag. Sal julle op hoogte hou met die gruwel moorde.
Baie dankie aan Gawie Louwrens (Sakkie) van Bosveld misdaad ondersoeke en Johan Ellis vir julle bystand en hulp met die ondersoek rondom die echo grotte se brutale moorde op Anneke en Hennie Claasens. Ons soek antwoorde en geregtigheid.
FiND iT se oorspronklike berig oor die misdaad lees soos volg:
(Let daarop dat die twee persone nie as familie aan mekaar verwant is soos voorheen berig is nie.)
Anneke Claasen (73) en Hennie Claassen (77) is die twee bejaardes wat geïdentifiseer is as die persone wat Saterdag op die plaas Klipfonteinhoek by die hotel by die Eggo-grotte, Orighstad in Limpopo dood gekry is.
Beide was gemartel en aan die brand gesteek.
Marcelle Maritz, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Limpopo, sê hulle sal Dinsdag 6 Junie 2023 die slagoffers se families besoek.
Desiree van der Walt MPL – DA-koukusleier van Limpopop-wetgewer, sê die party veroordeel die gruwelike plaasmoorde buite Orighstad en vra vir dringende aksie.
‘n Prominente sakevrou en haar neef, onderskeidelik 77 en 73 jaar oud, is Saterdag 3 Junie 2023 omstreeks 13:30 in twee huise by ‘n hotel in die Sekhukhune-distrik, buite Orighstad, Limpopo aangeval en aan die brand gesteek.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog is na die skuldige geloods.
Die polisie is in kennis gestel van ‘n voorval wat probleme by die perseel aangedui het. Met aankoms op die toneel is twee verbrande liggame van ‘n wit vrou en man in die verskillende huise gevind.
Die oorledenes is as ‘n prominente sakevrou en haar neef geïdentifiseer.
Volgens inligting is ‘n man, geklee in ‘n balaklawa, gesien toe hy glo van die toneel gevlug het. Die motief vir die moorde is onbekend en geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Die ondersoek duur voort.
Lt.genl. Thembi Hadebe het die brutaliteit van die misdaad veroordeel en vra dat persone met inligting na vore sal kom.
Enigiemand met inligting kan met speur.lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of AO Phaladi Makola by 082 749 2233 in verbinding tree.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



