Verdagtes in hegtenis vir klag van moord op beweerde bendelid

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg

Twee verdagtes is in hegtenis geneem na ‘n beweerde bendelid Woensdag op Piet Retief vermoor is.

Die polisie is gebel met die inligting dat iemand aangeval word. Toe hulle op die toneel aankom, het hulle die liggaam van ’n man (20) met verskeie wonde aan sy bolyf gekry. Hy is op die toneel dood verklaar. Die man is glo deur die verdagtes gejaag vanaf die Mangosuthu-seksie tot by die Mafred-huiseseksie waar hy aangeval en vermoor is.

Die verdagtes, 23 en 17 jaar oud, is gistermiddag by hulle huise in hegtenis geneem. Hulle sal vandag in die Piet Retief-landdroshof op ’n aanklagte van moord verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg