Mis veroorsaak botsing, vier dood

Deel hierdie storie / Share this story

Vier mense is Donderdagoggend dood toe verskeie voertuie op die N12-snelweg tussen Emalahleni en Ogies in Mpumalanga in ‘n botsing betrokke was.

LEES OOK: Eben Etzebeth se pa sterf

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat digte mis die motoriste se sig belemmer het. In video’s en foto’s op sosiale media kan gesien word hoe digte mis die sigbaarheid belemmer.

Volgens Mmusi was daar vragmotors, asook n brandstoftenkwa, motors en ligte afleweringsvoertuie by die botsing betrokke. Die presiese aantal voertuie wat in die botsing betrokke was, moet nog bepaal word.

Die pad was tydelik gesluit.