Eben Etzebeth se pa sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die Springbok-rugbyspeler, Eben Etzebeth, se pa, Harry, is gisteraand oorlede.

Dit volg na die aankondiging vroeër vandeesweek dat Etzebeth aangewys is as kaptein vir die Springbokke se wedstryd dié naweek teen die All Blacks in Nieu-Seeland.

LEES MEER: Media mag nie Lauren Dickason se saak bywoon

SA Rugby het vir Eben die keuse gegee om in Nieu-Seeland agter te bly vir die wedstryd of om terug te keer Suid-Afrika toe.

Dit is nog onduidelik wat sy keuse sal wees. Die oorsaak van sy pa se dood is onbekend.