Babaskedel, pakkie met beendere in bosse ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

*Waarskuwing: Sekere foto’s kan sensitiewe kykers ontstel.

Skeletoorblyfsels van ‘n baba is Woensdag in ‘n bos in Hilltoprylaan in Tea Estate, Inanda, KZN, gevind.

LEES OOK: Dricus du Plessis sê sy krag kom van braaivleis en pap

Die ontdekking is gemaak deur kinders wat naby ‘n informele area gespeel het. Hulle het hul ouers ingelig wat Reaction Unit South Africa (Rusa) vir bystand gekontak het. Rusa-lede is omstreeks 09:21 na die toneel ontbied.

Reaksiebeamptes is na ‘n bos gelei waar die plek uitgewys is. ‘n Pakkie wat vasgebind was, is naby die skedel gevind. Verskeie bene is in die pakkie gevind.

Die toneel is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig vir verdere ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel