Verkragter van meisie (5) kry lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

Jankie Jan Thulare (23) is Dinsdag 11 Julie 2023 in die Mokopane-streekshof in Limpopo lewenslank vir die verkragting van ‘n meisie (5) gevonnis.

Kol. Malesela Ledwaba sê die hof moes aanhoor hoe die minderjarige slagoffer op 29 April 2017 omstreeks 17:45 saam met nog kinders by die beskuldigde se woning te Sodoma-woonbuurt in die Waterberg-distrik gespeel het. Thulare het haar gegryp en na buite in die straat geneem waar hy beveel het dat sy haar rok uittrek, waarna hy haar seksueel aangerand het totdat haar ma haar huilery herken het.

Haar ma het ontdek dat haar dogter verkrag word en het die gemeenskap gevra dat die voorval aan die beskuldigde se familie en polisie rapporteer word.

Die slagoffer is as gevolg van pyn na die naaste hospitaal geneem.

Die Gilead-polisie het ‘n verkragtingsaak geopen wat vir ondersoek na Mokopane-GKS oorgeplaas is.

Die beskuldigde is Woensdag 16 Februarie 2022 opgespoor en in hegtenis geneem.

Sers. Lesetja Frans Langa het borg teengestaan totdat die veroordeelde verkragter sy vonnis van lewenslank ontvang. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit, sy naam is in die nasionale register vir seksoortreders aangebring en hy is boonop onbevoeg bevind om met kinders te werk. .

Lt.genl. Thembi Hadebe het die vonnis verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.