Kaapstad is jy reg? Theuns Jordaan Tribute – 6 Januarie 2024

Deel hierdie storie / Share this story

Die Theuns Jordaan Tribute-konsert vind op 6 Januarie 2024 in die DHL-stadion plaas.

Volgens plasings twee dae gelede is slegs die helfte van 20 000 kaartjies nog oor.

Kaartjies vir dié spoggeleentheid wat Theuns Jordaan met Afrikaanse musiek sal herdenk, is by iTickets te koop.

Indien jy een van jou gunstelingkunstenaars soos hier onder genoem in lewende lywe wil sien, moet jy spring vir ‘n kaartjie.

Lees die volledige plasing hier:

Baie dankie Kaapstad! Die reaksie op die kaartjieverkope vir Theuns Jordaan Tribute-konsert in die DHL Stadium is absoluut oorweldigend!

Die konsert, wat op 6 Januarie 2024 plaasvind, vergestalt ‘n geskiedkundige oomblik in Kaapstad. Dit sal die eerste keer wees wat ‘n Afrikaanse konsert op so ‘n groot skaal in die DHL Stadion aangebied word.

Sluit gerus aan by 14 van Suid-Afrika se top-kunstenaars wat Theuns se liedjies laat herleef in ‘n wêreldklas produksie wat deur gesoute vervaardigers Andries Pieterse, Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis. Die konsert het Loftus Versfeld in Maart vanjaar uit sy nate geruk voor ‘n skare van 20 000 mense, en ons kan nie wag om dieselfde te doen by die DHL Stadion nie!

Die Theuns Jordaan Tribute het vroeer vanjaar byna Loftus uitverkoop, en ons kan nie wag vir die Kaapse been op 6 Januarie 2024 nie!

Daar is nog kaartjies beskikbaar by https://itickets.co.za/events/474125

Verkope is beperk tot 20 000 kaartjies.

Jacques du Plessis

Ebetsa

Lianie May

Danny Smoke

Bobby Van Jaarsveld

Liezel Pieters

Dozi

Ricus Nel

DHL Stadium

RDM Promosies – Ray Dylan Musiek Promosies

Steve Hofmeyr

Kurt Darren

Bok van Blerk

Jay du Plessis

iTickets SA

Juanita du Plessis

Karlien van Jaarsveld

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.