Vier voertuie in ongeluk – een ernstig en nog beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is ernstig en nog vyf is beseer toe vier voertuie vanmiddag op die N11 naby Dannhauser in KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk betrokke was.

Chantelle Botha van KwaZulu Private Ambulance Services sê met aankoms op die toneel is gevind dat vier voertuie in ‘n ongeluk betrokke was.

Tydens assessering op die toneel is gevind dat een persoon ernstig en nog vyf geringe beserings opgedoen het.

Almal is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.