Drywende liggaam in Duzirivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde persoon is Woensdagmiddag 12 Julie 2023 in die Duzirivier naby Campsdrift, KwaZulu-Natal waar dit gedryf het, gewaar en uitgehaal.

Mi7 International Group sê die liggaam is glo deur ‘n jong paar wat piekniek gehou het, sowel as ‘n plaaslike visserman gesien, waarna hulp na die toneel ontbied is.

Die SAPD is in kennis gestel om met die herwinning van die liggaam te help.

Met aankoms is die liggaam gesien waar dit ‘n paar meter van die wal in die rivier dryf. Die oorledene is dood verklaar nadat die liggaam uit die rivier herwin is. Die geslag van die oorledene en oorsaak van dood is steeds onbekend, maar forensiese ondersoekspanne was op die toneel om ondersoek te doen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.