Rommelversamelaar in Buffelsdraai doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Rommelversamelaar is Dinsdagmiddag 11 Julie 2023 by die stortingsterrein in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 13:47 ‘n oproep van Verulam-SAPD vir die versoek om ‘n doodsverklaring te doen, ontvang.

Met Rusa-paramedici se aankoms op die toneel is die oorledene gevind waar hy in ‘n hoop vullis gelê het.

Die oorledene het ‘n enkele skietwond aan sy bors opgedoen.

Vroeër het veiligheidspersoneel na bewering op nog sestien ander rommelversamelaars geskiet. Van hulle is beseer.

Besonderhede oor wat tot die insident gelei het, is nog nie vasgestel nie.

SAPD en Metro is op die toneel teenwoordig om ondersoek te doen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.