Pa, dogter en seun vas na ma se dood tydens ‘duiwelbeswering’

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het ‘n gesin van drie wat ‘n pa, dogter en seun insluit in hegtenis geneem nadat hulle glo hul vrou en ma in Evaton, Sebokeng vermoor het.

Die polisie is op 10 Julie 2023 deur die pa na ‘n moordtoneel ontbied. By aankoms is ‘n verminkte liggaam van ‘n vrou aangetref.

Die verdagtes beweer die slagoffer, wat hul ma en vrou van hul pa was, was “duiwelbesete” . Hulle beweer verder dat hulle “duiwelbeswering” op haar uitgevoer het wat vereis het dat hulle sekere dele van haar liggaam moes afsny.