Winkeleienaar en werknemer vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD het met die hulp van ander belanghebbendes ‘n uitgebreide soektog van stapel gestuur na die vermiste winkeleienaar Zoleka Gantana (57) en haar werknemer Kholosa Mpunga (27), wat Sondagoggend 9 Julie 2023 onder twyfelagtige omstandighede in Kidds Beach verdwyn het.

Die onverklaarbare verdwyning van die twee vroue is by hul families aangemeld nadat ‘n klant en buurman die spazawinkel in Ncera Village 7, Kidds Beach, leeg en met verskeie items vermis, aangetref het. Die eienaar se voertuig, ‘n wit enkelkajuit-Isuzu-bakkie , was ook vermis.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte, AO Lawrence Human, by 083 657 8904 te kontak.