Jong vrou (18) dood in buurman se huis aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

Die 18-jarige Sikelelwa Mona is op 8 Julie dood in ‘n buurman se informele woning in Khayelitsha ontdek.

Volgens Women for Change is Mona na bewering alkohol en oogdruppels ingegee voor sy glo deur twee van haar buurmans verkrag is. Haar lewelose liggaam is ‘n paar huise verder van haar huis af gevind. ‘n Deel van haar privaatdele was afgesny.