EFF sê gevangenes bo 60 jaar moet vrygelaat word

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF sê gevangenes wat bo 60 jaar en ouer is en lewenslange vonnisse uitdien, moet op parool vrygelaat word. 

LEES OOK: Negejarige glo in die kop geskiet tydens bendegeveg

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het onlangs in ‘n parlementêre antwoord onthul dat daar 744 gevangenes van 60 jaar en ouer is wat lewenslange vonnisse in Suid-Afrikaanse gevangenisse uitdien.

Hoewel dit onseker is hoeveel van dié gevangenes vir parool kwalifiseer, meen die EFF dit is tyd dat bejaarde gevangenes parool moet kry.

Die EFF parlementslid, Vusumuzi Khoza, meen dat baie van dié gevangenes reeds siek is of chroniese siektes onder lede het. Volgens hom is rehabilitasie nie by hierdie mense ter sprake nie omdat hulle siek is.

Khoza meen oorbevolking in Suid-Afrikaanse tronke sal opgelos word indien bejaardes vroeër op parool vrygelaat word.