‘n Man (35) is geskiet kort nadat hy Dinsdagmiddag plastiek by ‘n ashoop by die Buffeldraai-stortingsterrein in Buffelsdraai KZN versamel het.
LEES OOK: Negejarige glo in die kop geskiet tydens bendegeveg
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 18:56 na die toneel ontbied nadat hulle van die skietery in kennis gestel is.
Met hul aankoms op die toneel het reaksiebeamptes ‘n Fuso-vragmotor, wat langs die pad stilgestaan het, aangetref.
Die drie mans het aan Rusa-lede gesê hul was passasiers in die vragmotor.
Hulle het verder gesê hul bestuurder is geskiet en hy het in ‘n nabygeleë bos ingevlug. Rusa-lede het die bestuurder met ‘n skietwond aan sy linkervoet in die bos opgespoor.
Die verdagte het te voet in ‘n onbekende rigting gevlug. Daar is vyf keer op die voertuig, vermoedelik deur die verdagte, geskiet.
Die beseerde man is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.



