Negejarige glo in die kop geskiet tydens bendegeveg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Negejarige seuntjie veg tans vir sy lewe nadat hy die naweek in die kop geskiet is.

Hy het glo in bendekruisvuur beland.

Nog drie mense is beseer.

‘n Video doen tans die rondte op sosiale media waarin die seuntjie na die voorval deur inwoners omring word.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is ‘n saak van poging tot moord geopen.

Die seuntjie is na ‘n nabye hopsitaal gehaas vir ‘n noodprosedure.