Vermiste man se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Kleimond se liggaam is ‘n week nadat hy as vermis aangemeld is, gevind. Denzel Apollis se liggaam is in die see gevind.

Apollis het sy vrou verlede Dinsdag net na 09: 00 by die werk afgelaai waarna sy bakkie glo op die R44 langs die pad sonder brandstof gaan staan het. Verkeersbeamptes het gestop om hom te help, maar Apollis het glo gesê hulp is op pad.

LEES OOK: Vrou sterf na bakleiery by sokkerwedstyd

Nadat sy familie nie van Apollis gehoor het nie, is ‘n soektog van stapel gestuur om hom te vind. Sy bakkie is later die dag gevind waar dit teen ‘n heilling afgery h et, maar daar was geen teken van Apollis nie.

AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die Hermanus-polisie het Dinsdag bystand van die duikeenheid versoek.

Apollis is in die see gevind en op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met inligting oor sy dood kan Crime Stop by 08600 10111 skakel.