Agt polisiebeamptes geskors na N1-voorval

Deel hierdie storie / Share this story

Die agt polisiebeamptes, lede van die sogenaamde blouligbrigade, wat na bewering betrokke was by die aanranding op lede van die SANW op die N1 iby Fourways, is geskors.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die beamptes is Maandag op grond van die SAPD se dissiplinêre regulasies met salarisvoordele geskors.

“Die SAPD wil nie verder kommentaar lewer nie.”