Eben lei Saterdag die Bokke

Deel hierdie storie / Share this story

Eben Etzebeth sal Saterdag in sy eerste wedstryd in meer as drie maande die Springbokke teen die All Blacks lei.

Die Springbokslot was buite aksie nadat hy sy skouer op 1 April in ‘n Europese Kampioenskapswedstryd beseer het.

Etzebeth is een van die 14 spelers wat reeds verlede week Nieu-Seeland toe gestuur is sodat hulle tyd het om te akklimatiseer vir hul wedstyde teen die Kiwi’s in die Mount Smart-stadion.