Nog twee vragmotors is Maandagaand omstreeks 22:00 op die N2 by Empangeni aan die brand gesteek.
Die vragmotors het glo in ‘n ry gewag toe ‘n groep gewapende mans na bewering die bestuurders van die twee vragmotors aangeval en van hul besittings beroof het.
Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, is die bestuurders uit die vragmotors gedwing, waarna dit aan die brand gesteek is.
FiND iT het vroeër berig oor vyf vragmotors wat Sondagaand op soortgelyke wyse op die N4 by Emgwenya aan die brand gesteek is.



