Liggaam van vermeende dwelmverslaafde gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die ligaam van ‘n ongeïdentifiseerde vrou is Dinsdagoggend in ‘n verlate huis in Irelandstraat in die Verulam-sakekern in KZN ontdek.

‘n Lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 08:53 deur ‘n skoonmaker oor die liggaam van die vrou in kennis gestel.

Rusa-paramedici het die vrou in ‘n kelder opgespoor. Sy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot haar dood gelei het, is nie in hierdie stadium vasgestel nie.

Daar word beweer dat die oorledene ‘n heroïenverslaafde was wat onder verskeie dwelmverslaafdes was wat in die verlate eiendom gebly het.