Leerling wie se liggaam op rugbyveld by skool gevind is, was as vermis aangemeld

Deel hierdie storie / Share this story

Mia Kühn (16), ‘n gr. 10-leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, se liggaam is Dinsdagoggend deur skoolsekuriteit op die skool se rugbyveld gevind.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, is geskok deur die ontdekking van die leerling se liggaam.

Die Gautengse onderwysdepartement het gesê Mia Kühn was by die polisie as vermis aangemeld.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys, het gesê die familie het haar as vermis aangemeld nadat hulle wakker geword het en sy nie in die huis was nie.

Die LUR het gesê die polisie moet nog uitvind hoe Kühn toegang tot die skoolperseel verkry het.